El Segundo

City of El Segundo

Kaart Seël
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Kalifornië
 County Los Angeles
 Koördinate 33°55′17″N 118°24′22″W / 33.92139°N 118.40611°W / 33.92139; -118.40611
 Stigting 1911
 Geïnkorporeer op 18 Januarie 1917
 Oppervlakte:  
 - Totaal 14,15 vk km
 Hoogte bo seevlak 35 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2010) 16 654
 - Bevolkingsdigtheid 1193,9/vk km
 Tydsone PST (UTC -8)
 Somertyd PDT (UTC -7)
 Burgemeester Drew Boyles
 Amptelike Webwerf elsegundo.org

El Segundo ("Die Tweede" in Spaans; amptelik City of El Segundo) is 'n stad volgens algemene reg[1] in die distrik Los Angeles County, Kalifornië, Verenigde State, geleë langs die Santa Monica-baai en net suid van Los Angeles se lughawe (LAX). El Segundo is op 18 Januarie 1917 geïnkorporeer en maak administratief deel uit van die South Bay Cities Council of Governments. Die stad se bevolking is in die sensus van 2010 as 16 654 bepaal.

Die nedersetting het sy ontstaan aan Standard Oil se olieraffinadery te danke wat hier in 1911 gevestig is nadat die onderneming se bestaande raffinadery in Richmond, 600 myl verder noord in die San Franciscobaai-gebied, sy maksimum-kapasiteit bereik het. Dit is tans die grootse olieraffinadery langs die Amerikaanse weskus wat deur Chevron, een van die opvolgers van die oorspronklike Standard Oil, bedryf word.[2]

Sowat 'n kwart van die stad se totale oppervlakte van byna 5,5 vierkante myl - meer as 800 akkers - word deur die raffinadery beslaan wat 'n vyfde van Suid-Kalifornië se petrol asook keroseen (stralerenjinbrandstof) vervaardig. Die keroseen word ondergronds per pyplyn na die lughawe gepomp.[3]

  1. Nota: Vir nedersettings in Kalifornië word die terme stad (city) en dorp (town) as sinonieme gebruik. Die munisipale bevoegdhede van nedersettings volgens algemene reg (general-law cities) word deur die deelstaat se Government Code (ook California Codes genoem) bepaal.
  2. Chevron El Segundo Refinery - About the Refinery. Besoek op 18 April 2018
  3. Los Angeles Times, 17 April 2018: Sleepy little El Segundo is suddenly on the radar and fighting to keep its small-town identity. Besoek op 17 April 2018

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search